Kontak persoon:  Marli Weyer 078 971 2207 / marliweyer@gmail.com

 

Kleuterkerk

Voorskools tot graad 3 (3jr – 6jr) - Tydens die diens is daar ‘n “exit” en kom hulle in die Kaija bymekaar – die vertrek agter die saal.

Kategese

Kategese vind plaas om 10 uur Sondag oggend direk na kerk.

Junior kategese: Gr 4-6:

Tydens die diens is daar ‘n “exit” en kom hulle in die Kaija bymekaar – die vertrek agter die saal. Kinders moet asb hulle Bybels en ‘n skryfding saambring. Almal is welkom.

Senior kategese:

Die Diensraad het besluit om die verskillende ouderdomme en behoeftes te akkommodeer met twee groepe.

Die een groep is gerig op die behoeftes van die graad 7, 8 en 9 katkisante en fokus op Bybelse temas. Die groep word  begelei word deur Dr. Langner.

Die tweede groep is gerig op die afronding van die belydenisklas en fokus op die belydenisskrifte.

Ouers en katkisante is welkom om by enige een van die twee groep  volgens hulle behoefte en keuse in te skakel.

Beide groepe vergader Sondae direk na die eredienste  en  kom  gesamentlik bymekaar tot verdere kennisgewing.