Goue Jare Bediening vir bejaardes.

Hier gaan dit oor die Geestelike toerusting van Senior lidmate deur bediening van die Woord wat onder andere insluit Bybelstudie en bidure asook die aanpreek

van ander behoeftes soos sosiale byeenkomste en siekebesoeke. Identifisering van vereensaamdes, siekes, die wat huisgebonde is 

en wat fisiese hulp nodig het in aftree-oorde, versonrgingseenhede of in hul huise, is hier ter sprake.

Hierdie bediening het reeds gedurende die jaar 2000 begin funksioneer.  Die hoofdoel van die bediening is om die groot getal bejaardes in die gemeente/afree oorde aktief besig te hou.

Hierdie doelwit word bereik deur: 

  1.  Funksies soos konserte, ontbyte, etes, speletjies ens. by die kerk te organiseer. 
  2.  Fonds insamelings vir bogenoemde aktiwiteite en spesifieke projekte te hou. 
  3. Kerspakkies (Jaarliks einde November) vir minder bevoorregte kinders by die plaaslike laerskool asook vir gesinne in nood. 

Projekte waarvoor fondse ingesamel word is onder andere die volgende:

  1. Die Goue Jare dra op ‘n maandelikse basis by tot die plaaslike Laerskool se omgee fonds om minder bevoorregte kinders finansieel te ondersteun..
  2. Jaarliks, gewoonlik gedurende Oktober, bied hulle ook ‘n Goue Jare musiekkonsert aan. Die musikante en sangers is gewoonlik skoolgaande  musiek- en sang studente.

Die versekering kan gegee word dat die bogenoemde aktiwiteite ‘n groot getal bejaardes aktief besig hou.

Tans is die volgende twee vroue die kontak persone vir hierdie bediening:

  •  Dalene van Biljon 083 510 4744
  • Mev. Amanda van Amerom 084 606 1212 en Ds Louis Louw 0724616433