Welkom by

NG Lyttelton

Moedergemeente

By NG Lyttelton skep ons geleenthede om God te verheerlik deur jou sterkpunte.

Ons is toegewyd om ‘n omgewing te skep waar jy nie net hierdie sterkpunte kan ontdek nie, maar ook dit kan aanwend om God te verheerlik en te dien. Ons gemeenskap is ‘n plek van geleentheid, ‘n ruimte waar jy kan groei en floreer deur jou talente doelbewus te gebruik.

Erediens tye

Sondag oggend om 9uur
Kinderkerk tydens Erediens
Kategese 10:00

Waar is ons geleƫ

88 Langebrink Rd, Lyttelton Manor, Lyttelton, 0154

Kontak ons gerus

Vir enige navrae kontak ons gerus deur
012 664 4725 | info@nglyttelton.org.za

Bedieninge

By NG Lyttelton het ons ‘n omvattende verskeidenheid bedieninge om in die behoeftes van ons geloofsgemeenskap te voorsien.

Gebeurtenisse

Kyk gerus waarmee hou ons ons besig. By NG Lyttelton is ons ‘n lewenskragtige geloofsgemeenskap wat ‘n aktiewe rol speel in die lewens van ons gelowiges en ons gemeenskap as geheel. Ons is ‘n gemeenskap wat saamstaan om God te dien en om mense te ondersteun in hul geestelike reis.

Kolossense 3:15-17

En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.

16 Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.

17 En wat julle ook al se of doen, se en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Ons Roeping

NG Lyttelton is Afrikaanstalig en ons streef om Bybelgetrou te handel. Soos jy beleef het, wil ons graag ook Geesgedrewe leef soos die woord ons beveel.

Ons belofte aan jou

NG Lyttelton is 'n gemeente wat regtig lief is vir God. Ons wil graag soveel as moontlik mense bereik met die Evangelieboodskap.

Kom besoek ons Sondae Oggende 9uur

Waar is ons geleƫ

88 Langebrink Rd, Lyttelton Manor, Lyttelton, 0154

Erediens tye

Sondag oggend om 9uur
Kinderkerk tydens Erediens
Kategese 10:00