Ons sal bly wees om van jou te hoor.
Burgerlaan 91, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
(h/v Burgerlaan en Langebringweg, Lyttelton)
Sondag oggend om 9:00vm
Kinderkerk: tydens erediens
Kategese: na die erediens (ongeveer 10:00vm)
©Kopiereg 2024 | NG Lyttelton Moedergemeente
Hierdie bediening dien as ‘n ondersteunigsgroep vir alleenlopers van alle ouderdomme en hulle kinders. Die aksie het tot stand gekom om die enkellopende wat deur die trauma van ‘n egskeiding of die afsterwe van ‘n geliefde geraak is, te ondersteun en by te staan.
Huidiglik kom die enkellopendes wat deur voorgenoemde traumas geaffekteer is, een keer per maand (einde van die maand se Sondag) by die kerk bymekaar om saam middagete te geniet. Ons kuier lekker en geniet die Sondag saam met mekaar.
Die hoogtepunt van die groep is die jaarlikse kamp. Die lede kamp een keer per jaar onder leiding van die gemeenteleraar en almal geniet dit terdeë.
Verder ondersteun die groep mekaar deur klein takies vir mekaar te doen.
Kontakpersoon: Jaap Gerenger by 083 308 9576 of stuur ‘n epos aan die kerkkantoor by kantoor@nglyttelton.org.za om u met die groepleier te verbind.
Kleuterkerk
Voorskool tot graad 3 (3jr tot 6jr): Tydens die erediens sal kinders versoek word om saam met die kategeet uit te beweeg. Hulle kom in die Kaya bymekaar (vertrek agter die saal).
Kategese
Kategese vind om 10:00 na die erediens plaas.
Junior Kategese (Gr 4-6):
Na die erediens kom die kinders in die Kaya (vertrek agter die saal) bymekaar. Kinders moet asb hul Bybel en pen saambring.
Almal is welkom.
Senior (Gr 7-9) Kategese:
Die Diensraad het besluit om die verskillende ouderdomme en behoeftes te akkommodeer met twee groepe.
Die een groep is gerig op die behoeftes van die graad 7, 8 en 9 katkisante en fokus op Bybelse temas. Die groep word begelei word deur Ds. Landi Botha.
Die tweede groep is gerig op die afronding van die belydenisklas en fokus op die belydenisskrifte.
Ouers en katkisante is welkom om by enige een van die twee groep volgens hulle behoefte en keuse in te skakel.
Die bediening beoog om die Senior lidmate Geestelik toe te rus deur die bediening van die Woord. Dit sluit bybelstudie en bidure in. Ander behoeftes soos sosiale byeenkomste, siekebesoeke, identifisering van eensames, huisgebonde bejaardes en hulpbehoewendes
word aangespreek.
Hierdie bediening bestaan van 2000 af en die hoofdoel is die bediening van die groot getal bejaardes in die gemeente en aftree oorde.
Hierdie doelwit word bereik deur:
Die Goue Jare groep is ook bekend dat hul bydra tot Laerskool Louis Leipoldt se omgeefonds. Hul het ook jaarliks ‘n luisterryke musiek konsert waar leerders en sangers van buurskole genooi word om op te tree.
Al hierdie aktiwiteite hou die bejaardes besig deur aktief tussen mekaar en in die gemeenskap betrokke te wees.
Kontakpersoon: Mev Amanda van Amerom 0846061212
This website uses cookies to ensure you get the best experience on our website. Learn More
Die Maatskaplike Noodbediening het ten doel om hulp te verleen aan individue of gesinne in die gemeente of gemeenskap waar nood ondervind word. Lewensmiddelle soos kos, klere, meubels, verblyf of vervoer word deur skenkings ingesamel en uitgedeel.
Kontakpersoon is Jaap Gerenger: 0833089576
Hierdie aksie behels die geestelike bediening van vroue deur middel van byeenkomste, sprekers, algemene ondersteuning en betrokkenheid by aksies. Die Vroue-in-diens bedien verskeie meelewingsasksies in die gemeente. Om hierdie aksies te befonds, is daar in die voorportaal van die kerk, klein botteltjies in mandjies. Neem gerus die botteltjie en vul dit met u kleingeld. Plaas dit weer in die mandjie wanneer dit vol is. U kan ook elektronies bydrae – merk dit net duidelik Vrouediens.
Kontakpersoon: Ansebè van Niekerk by 0829044556
Alle vroue in die gemeente is deel van die Vrouebediening. Niemand sluit aan soos by ander aksies nie, as jy aan hierdie gemeente behoort, is jou reeds lid van die Vroue-in-diens.
Hierdie bediening verrig die volgende funksies:
Ons stel u graag bekend aan nog Bedieninge wat in ons gemeente funksioneer en wat daarop gerig is om kerkwees in die praktyk uit te leef. U betrokkenheid en deelname sal nie net beteken dat u ander lidmate beter leer ken nie, maar ook dat meer van ons vir mekaar en vir ander daarbuite iets kan beteken. Sodoende word ons roeping vervul om in diens te staan van die Koningkryk van God.
Vervolgens ‘n kort beskrywing van nog bedieninge in die Gemeente en kontak besonderhede van die persone.
1. Musiekbediening:
Die musiekbediening beoog om tydens eredienste die gemeentesang as integrale deel van die liturgie te bevorder by wyse van orrel-en klavierbediening, sowel as ander klassiekale instrumente en koorsang. Kontak die kerkkantoor of orrelis vir meer inligting.
2. Mediabediening:
Die mediabediening beoog om die aanwending van elektroniese hulpmiddels wat steun verleen tydens eredienste, te
beman.
Kontakpersoon: Eugene van Niekerk by 083 251 8658
3. Bediening van nuwe lidmate:
Nuwe lidmate kom voor die preekstoel bymekaar na die Erediens, iemand sal u daar ontmoet.
Hoewel die bediening in die besonder daarop gerig is om nuwe intrekkers na eredienste te ontmoet, te verwelkom en tuis te laat voel, is dit nie al nie. Ons behoort as gemeente ‘n atmosfeer van warmte, gasvryheid en vriendelikheid te skep wat almal welkom laat voel, hetsy gevestigde lidmate, besoekers of nuwe lidmate, Dit is die hele gemeente se verantwoordelikheid.
Onthou dat elkeen wat jy nie ken nie, vir jou spesifiek nuut is en dat jy die persoon behoort te leer ken.
Kontak persoon: Dalene van Biljon 0835104744
Weeklikse Bybelstudie /biduur word by Heuwelsig Aftree-oord in Cliftonlaan, Lyttelton gehou.
Dag : Dinsdagoggend
Tyd : 10:00
U kan die kerkkantoor kontak by 012 664 4725 vir meer inligting.
Wie of wat is die CAD?
Die CAD is ‘n organisasie wat ondersteuning en toerusting bied aan rehabiliterende substans-afhanklikes, dit wil sê alkohol, dwelm- en medikasie-afhanklike persone en hul gesinne. By wyse van onder andere weeklikse byeenkomste, ondersteun hul mekaar.
Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) is ’n Nasionale organisasie wat al meer as 60 jaar bestaan. Die eerste groep is gedurende 1954 in die Wes-Kaap gestig om ondersteuning aan gerehabiliteerde substans-afhanklikes (dit wil sê alkohol-, dwelm- en medikasie-afhanklike persone) te bied. Die CAD betrek ook die gesin van die afhanklike en lewer dienste vanuit ‘n Christelike raamwerk en help die gerehabiliteerde om weer sy/haar regmatige plek in die samelewing te vervul.
Die CAD funksioneer in selfhelpgroepe waar afhanklikes die geleentheid kry om hulle gemeenskaplike probleem met mekaar te deel en ondersteuning aan mekaar te bied. Die Monumentgroep in Lyttelton het egter eers Op 3 Augustus 1977 tot stand gekom. Groepe kom op ‘n weeklikse grondslag byeen.
Wie kan by die CAD aansluit?
Die CAD lede verteenwoordig ‘n verskeidenheid van mense, met net een doel voor oë: die ondersteuning van die gerehabiliteerde en hul gesinne. Die volgende persone kan almal deel vorm van die CAD:
Wat gebeur tydens byeenkomste?
Die byeenkomste vind op ‘n baie informele wyse plaas. Die hoofdoel van byeenkomste is samesyn en wedersydse ondersteuning van mekaar. Die groepslede stel self die program op wat tydens byeenkomste gevolg word. Daar word ook verskillende tipe byeenkomste gehou, bv. inligtings-geleenthede, gesprekgeleenthede, bybel-studie asook sosiale byeenkomste. In die CAD word daar werklik moeite gedoen om byeenkomste so interessant/leersaam moontlik te maak.
Die viering van soberheidsverjaarsdae is ‘n baie belangrike gebeurtenis in die CAD. Verjaarsdae word herdenk op die dag wat die betrokke persoon opgehou het om alkohol/dwelms te gebruik. Die herdenking van hierdie besondere dag word deur die hele groep gevier.
Wat anders doen die CAD
Die CAD Monument besoek ook inrigtings en klinieke om pasiënte in te lig en te bemoedig.
Besoeke vind plaas Woensdae 18:00 by Raytongemeente; 19:00 by FF Ribeiro Behandelingsentrum by Zonderwater waar ons
mans en dames toespreek. Donderdae om 19:00 praat ons by Castle Carey kliniek in Pretoria met jeug sowel as volwassenes. Verder tree ons ook op by skole en kerke om kinders in die boodskap oor te dra dat daar hoop is omdat behandeling werk.
Wat moet ek doen as ek graag ‘n byeenkoms wil bywoon.
Ons weet almal hoe dit voel om vir die eerste keer by ‘n vreemde groep mense in te skakel. Moenie dat die gedagte aan ‘n klomp vreemde gesigte jou verhoed om ‘n byeenkoms by te woon nie. Kontak enige van die twee groepe in Centurion en lig hulle in van u voorneme om ‘n groep te besoek of reël dat iemand van die groep u kom oplaai of vergesel:
CAD Monumentgroep, h/v Burgerlaan en Langebringweg (NG Lyttelton Moedergemeente), Lyttelton. Byeenkomste vind
Maandagaande om 19:00 plaas, kontakpersoon is Jaap Gerenger by 083 308 9576.
Byeenkomste is Maandagaande 19h00, Kontakpersoon Jaap Gerenger, Tel 083 308 9576
CAD Kanagroep, Cotielaan 309, Wierdapark. Byeenkomste vind Woensdagaande om 19:00 plaas, kontakpersoon is Theuns Duvenhage by 084 407 6822.
CAD lede getuig almal met groot lof van die vriende wat hulle deur die CAD ontmoet het en die ondersteuning wat hulle ontvang. Moenie huiwer nie, skakel vandag nog die CAD.
Meer inligting oor ander groepe landswyd is ook op Internet beskikbaar. Kontak gerus; www.cad.org.za
grhfgirhtgoiergheroigh